Die Baba-Dagboek is ‘n alles-in-een baba-inligting versamelboek wat ontwerp is vir die besige mamma en haar kindersorg span.
Elke dagboek bevat verskeie afdelings en funksies wat ontwerp is om ouers te help om rekord te hou van hul kinders se daaglikse lewens. Dit is baie belangrik om te doen totdat ‘n kind hul aktiwiteite kan onthou en enige mediese simptome aan jou kan rapporteer. Dit dien ook as ‘n pragtige herinnering vir jou gesin om op terug te kyk – terwyl elke mylpaal en prestasie daarin gevier word.

 ‘n Noodkontak en prosedures afdeling
 ‘n Volledige afdeling vir mediese geskiedenis en mediese fonds
 Beide die openbare en private inentingskedules
 Inligtingsbladsye van versorgers
 3 bladsye met pretaktiwiteite vir babas
 Maandelikse mylpaalvorms met ruimte vir foto’s
 Plek om briewe aan baba te skryf, as aandenking

Die Baba-Dagboek
 Volledig aanpasbare Baba-Dagboek met:
 Maandelikse baba/kleuter roetine beplanners
 Week beplanners vir aktiwiteite/spyskaarte/afsprake en fokuspunte
vir ontwikkeling
 Meer as 250 daaglikse verslagblaaie wat deur mamma gebruik word, of as
oorhandiging aan jou kind se versorger

Dit werk uitstekend vir:
 Tuis-bly mammas
 Werkende mammas met oppassers/aupairs/oumas/dagmoeders ens.
 Babawagter-situasies
 Dokters en ander mediese afsprake
 Basies perfek vir enige ouers van babas en kleuters

Alles mooi toegedraai in ‘n pragtige dagboek wat ‘n mamma jare lank sal liefhê en koester, en ‘n baba eendag graag as ‘n aandenking sal wil ontvang.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

You may be interested in…